sarie022
Dieetkeuses

Dadel-en-neutkoekies

Dié koekies is propvol vesel en bevat geen suiker! Lekker vir die kosblik skool toe of werk toe.

Genoeg vir sowat 12 koekies

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 400 g ontpitte dadels in ’n klein kastrolletjie en bedek met water. Kook tot sag en dreineer. Verpulp dadels met ’n staafmenger tot glad. Voeg 100 g grofgekapte gemengde neute (bv. amandels, kasjoeneute en makadamias), 250 g hawermout en 250 g gemengde sade (sonneblom, papawer en sesam) by dadels en meng goed deur. Spuit ’n plat muffinpannetjie met kleefwerende kossproei. Skep mengsel in pannetjie se holtes en druk effens plat. Plaas in oond en bak 20 – 25 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor met vars vrugte van jou keuse.