Resepte

Eiervrug-en-lensiekerrie

(4 porsies)

  • 100 g rooi lensies
  • 150 g bruin lensies
  • 60 ml olie
  • 1 groot ui, in skywe gesny
  • 15 ml garam masala
  • 5 ml borrie
  • 2 groot eiervrugte met skil, in blokkies gesny
  • 50 g grondboontjies, grofgekap
  • 25 g droë klapper
  • 30 ml blatjang
  • 15 ml suurlemoensap
  • 800 ml aftreksel
  • sout en peper

Plaas die twee soorte lensies in ‘n kastrol en bedek met koue water. Verhit tot kookpunt en laat 10 minute liggies prut. Dreineer. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die ui tot sag. Voeg
die garam masala en borrie by en roerbraai 2 – 3 minute lank. Voeg die eiervrug by en braai totdat die eiervrug begin verkleur. Voeg die lensies, grondboontjies, klapper, blatjang, suurlemoensap en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en roer deur. Sit die deksel op en laat 30 minute liggies prut. Geur met sout en peper na smaak. Sit warm voor met rys of roti.