FOTO: Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

FOTO: Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Ontbyt

Eierwit-omelet met spinasie en ranktamaties

genoeg vir 1

• 2 takkies ranktamaties
• 15 ml olyfolie
• sout en swartpeper
• 100 g baba-spinasieblare
• 3 eierwitte
• knippie sout
• 50 g sagte bokmelkkaas (chevin), in skywe gesny
• baba-slaaiblare

Verhit oond se rooster-element. Plaas ranktamaties op ’n bakplaat en sprinkel olie oor. Geur met sout en peper. Oondbak 10 – 15 minute tot tamaties effens oopbars. Haal uit en laat afkoel. Plaas spinasie in mengbak en gooi kookwater oor. Laat staan 5 minute en dreineer in ’n vergiettes. Druk oortollige water uit spinasie en hou eenkant. Klits eierwitte en sout saam tot styf in ’n mengbak. Verhit kleefvrye omeletpan van sowat 20 cm in deursnee en spuit liggies met kleefwerende kossproei. Gooi eierwitte in pan en verlaag hitte. Bak tot ’n goue bruin kors op die bodem vorm. Plaas onder rooster-element om omelet van bo gaar te maak tot ferm en goudbruin. Haal uit oond en skep spinasie en sagte bokmelkkaas op een helfte van omelet. Vou toe en haal uit met eierspaan. Sit voor met tamaties en groenslaai van baba-slaaiblare.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag