Diabeties

Eierwit-omelet

Eiergeel word uitgelaat om die omelet se vet-inhoud en kilojoules te beperk, maar kinderdiabete en dié sonder gewigsprobleme kan gerus die hele eier gebruik.

(1 porsie)

  • 3 eierwitte
  • 15 ml water
  • knippie sout
  • 3 draaie varsgemaalde swartpeper
  • handvol vars bronkors (watercress)
  • 8 klein rosa-tamaties, gehalveer
  • sowat 8 mozzarellakaas-balletjies
  • 10 ml kanola-olie

Klits die eierwitte, water, sout en peper met ’n elektriese klitser saam tot sagte punte vorm. Meng die bronkors, rosa-tamaties en mozzarellakaas in ’n bak. Verhit die sonneblomolie in ’n nie-kleefpan. Gooi die eiermengsel in die pan en verlaag die hitte. Kook die mengsel tot die eierwit begin stol aan die onderkant. Plaas die tamatiemengsel bo-op die eiermengsel. Vou die omelet toe en laat nog sowat 2 minute kook. Gly die omelet op ’n bord uit en sit dadelik voor.