Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Feta-en-botterskorsie-pasta

(4 porsies)

  1. 500 g botterskorsie-blokkies
  2. sowat 50 ml olyfolie
  3. 1 ui, gehalveer en in dik skywe gesny
  4. 2 knoffelhuisies, fyngekap, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  5. 500 g fusilli-pasta
  6. 6 sirkels feta-kaas, in groot stukke gebreek

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas botterskorsie, olyfolie, ui en knoffel in ‘n oondbak. Geur met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir sowat 15 minute. Voeg feta by en rooster verder vir nog so 10 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng alles versigtig en sit dadelik voor. Ekstra: Rasper sowat 100 g pecorino- of parmesaan-kaas en meng dit ook deur die pasta.