Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Pasta

Fettucine met vars basiliekruid, crème fraîche en ertjies

4 porsies
Dompel 500 ml bevrore ertjies in kookwater tot net sag. Dreineer en meng met 2 fyngekapte knoffelhuisies, 4 sirkels gekrummelde fetakaas, 125 g crème fraîche en geur met varsgemaalde swartpeper. Kook 500 g fettucine volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer sous saam met ’n handvol gebreekte basiliekruidblare deur pasta en sit dadelik voor.