Resepte

Frittata met swart olywe en songedroogde tamaties

(4 – 6 porsies)

  • 250 g kersie-tamaties aan die rank
  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 10 songedroogde tamaties, in olie gemarineer
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Plaas tamaties in oondbak en gooi olyfolie oor. Bak vir sowat 15 – 20 minute in oond totdat tamaties net begin bars. Hou eenkant warm. Skakel roosterelement van
oond aan. Plaas oondrak in middelste gleuf. Smelt botter in ‘n kleefvrye pan van sowat 24 x 4,5 cm waarvan handvatsel in oond kan gaan. Braai songedroogde tamaties en olywe vir sowat 1 minuut. Klits eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Gooi eiermengsel oor olywe en tamaties in pan. Roer effens. Net voordat dit in die middel begin stol, plaas jy die pan vir 5 minute onder die roosterelement. Haal uit en laat staan vir so 5 minute voordat jy dit op ‘n bord uitgly. Sit voor met die geroosterde tamaties.