Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Gebraaide eiervrug met jogurt

Eiervrug is soos ʼn spons en slurp nogal olyfolie op. Die gereg is op sy lekkerste koud
(Genoeg vir 6)

  • 3 groot eiervrugte
  • olyfolie om in te braai
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 300 ml Griekse jogurt
  • takkie vars kruisement vir garnering op jogurt

Sny eiervrugte in 1 cm-skywe. Plaas in groot bak en bedek met water. Gooi sowat 15 ml sout by en laat staan sowat 1 uur. Dreineer en maak eiervrugte droog met kombuispapier. Gooi olyfolie so 1 cm diep in ’n pan en verhit. Plaas van die eiervrugskywe in olie en braai ’n paar minute aan een kant tot bruin. Draai om en braai tot bruin aan die ander kant. As die eiervrug te veel van die olie in die pan opslurp, kan jy net nog ’n bietjie byvoeg. Haal skywe uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal tot al die eiervrugskywe gebraai is. Plaas in yskas vir sowat 2 uur en sit koud voor met Griekse jogurt.