sk090106hr_tuis09
Resepte

Gebraaide groente met koeskoes

4 porsies

  • 5 groot wortels, in lang repe gesny
  • 3 rooi-uie, in skywe gesny
  • 6 groot murgpampoentjies, in lang repe gesny
  • 50 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde    swartpeper na smaak
  • sap van halwe   suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 400 ml koeskoes
  • hand vol vars basiliekruidblare

Verf die groente met van die olyfolie en geur met sout en swartpeper. Verhit ’n riffelpan (sonder olie) en braai wortels eerste, gevolg deur uie en murgpampoentjies. Sit warm groente in ’n bak en bedek met kleefpastiek (dit sal die groente warm hou en verder laat gaarstoom). Meng res van olyfolie met suurlemoensap, knoffel, sout en swartpeper na smaak. Gooi dit oor groente en roer goed deur. Volg aanwysings op koeskoes-pak. Sit gaar koeskoes voor saam met die groente en vars basiliekruid