Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Gebraaide olyfbrood

(4 ronde brode van sowat 8 – 10 cm)

  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 1 x 10 g-pakkie kitssuurdeeg
  • 10 g sout
  • 15 ml heuning
  • 45 ml olyfolie
  • sowat 350 ml louwarmwater
  • 100 g Italiaanse swart olywe, ontpit en grofgekap
  • 100 g groen olywe, ontpit en grofgekap
  • sowat 50 – 60 ml ekstra olyfolie

Meng melk, suurdeeg en sout in ‘n mengbak. Maak holte in middel van meel en voeg heuning en olyfolie by. Voeg net genoeg water by tot ‘n deeg vorm. Die deeg moenie te styf wees nie. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en knie deeg vir minstens 10 minute tot glad en elasties. Smeer ‘n groot bak met bietjie olyfolie en plaas deeg daarin. Smeer nog ‘n klein bietjie olyfolie bo-op deeg en maak toe met kleefplastiek. Laat op warm plek tot dubbel die grootte rys. Hoe kouer die dag, hoe langer sal die deeg neem om te rys. Gee die deeg minstens 1 – 1½ uur om te rys. Verhit oond tot 180 ºC. Knie deeg af en verdeel in vier stukke. Meng die olywe. Rol deeg in sirkels van sowat 1 cm dik. Plaas olywe in middel van die deegsirkel. Vou die rand
van die deeg na die middel en sorg dat die olywe goed toegemaak word met deeg. Plaas die deeg met gevoude dele na onder op ‘n bakplaat. Maak toe met kleefplastiek en laat weer vir sowat 20 minute rys. Verhit ‘n klein bietjie olyfolie in ‘n pan en braai die brode een-een op ‘n slag. Jou stoofplaat moenie baie warm wees nie. Braai elke brood so 5 minute aan elke kant. Sit terug op bakplaat en plaas in warm oond. Bak brood verder vir sowat 10 – 15 minute. Sit warm voor saam met ekstra olyfolie.

Om te drink:
Brood en wyn is ‘n klassieke kombinasie. Probeer Kleine Zalze Gamay Noir.