6 uur tuis, eet half 7

Gebraaide sampioene

4 porsies – 25 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 100 g (110 ml) botter
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g wit sampioene, in skywe gesny
  • 500 g portabellini-sampioene, in skywe gesny
  • 500 g groot sampioene, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • 30 ml botter
  • 4 eiers

Verhit olyfolie en botter saam in ’n pan. Voeg knoffel by en braai vir sowat 1 minuut. Voeg al die sampioene by en geur met sout en swartpeper. Braai vir sowat 15 minute tot gaar. Voeg pietersielie by. Smelt die 30 ml botter in ’n pan en bak die eiers. Sit sampioene voor met ’n eier vir elke persoon. Warm witbrood-roosterbrood is heerlik saam met dié gereg.