Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Gemarineerde groen olywe

(4 porsies)

  • 200 g groen olywe (met pit)
  • 100 g ontpitte groen olywe
  • 45 ml fyngekapte vars koljander
  • 45 ml fyngekapte pietersielie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • knippie fyn komyn
  • 90 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap

Meng al die bestanddele in ‘n bakkie. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas. Marineer vir minstens 2 dae voor jy dit eet.

Om te drink:
Probeer gerus sauvignon blanc van south Hill (naby elgin).