Pasta

Gemelli met tamatie-brandrissiesous

(4 porsies)

Verhit 30 ml olyfolie in ’n diep pan. Voeg 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies by. Voeg 2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties by. Kap 1 of 2 brandrissies (hang af hoe sterk jy die sous wil hê) en voeg by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut sous sowat 30 minute. Kook gemelli-pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer 2 hande vol vars basilieblare deur sous net voor jy dit voorsit. Meng sous deur pasta en sit voor saam met 100 g gerasperde parmesaankaas en nog vars basiliekruid.