Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Gepiekelde komkommer

Maak sommer ’n groot bottel en hou in die yskas vir die vakansie. Die gepiekelde komkommer moet
minstens 3 dae staan voor jy dit voorsit.

  • 2 komkommers, in sowat 5 mm-skywe gesny
  • 750 ml wit druiweasyn
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 3 lourierblare
  • sowat 8 peperkorrels

Pak komkommer-skywe in ’n groot fles. Bring asyn, suiker, lourierblare en peperkorrels tot kookpunt. Roer so af en toe tot suiker opgelos is. Wanneer die asyn net begin kook, gooi oor komkommer in bottels. Maak toe en laat afkoel. Jy sal sien die komkommerskil verkleur. Wanneer dit heeltemal afgekoel is, hou in yskas tot benodig.

  • Betsie

    lekker