sk0412maklik17
Resepte

Geroomde spinasie en sampioene

(4 porsies)

Smelt 30 ml botter in diep pan en braai 1 fyngekapte ui tot sag. Voeg hierby 500 g sampioene, in skywe gesny, en braai sowat 10 minute. Voeg 600 g babaspinasieblare bietjies vir bietjies by. Die spinasie sal verwelk. Voeg 250 ml room by en laat prut sowat 15 minute. Geur sampioenmengsel met sout en varsgemaalde swartpeper. Smelt 30 ml botter in ’n ander pan en bak 4 eiers. Skep sampioenmengsel uit in 4 porsies en plaas gebakte eier op elk. Sit voor saam met parmesaanskaafsels of gerasperde parmesaan-kaas.