Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Geroosterde paprika-aartappels

(6 porsies)

  • 8 aartappels
  • 60 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • 2 ml borrie
  • 5 ml gerookte paprika
  • growwe sout

Stap 1.Verhit oond tot 200 °C. Skil aartappels en sny middeldeur.

 

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas in ’n groot kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en laat kook net 5 minute. Dreineer

 

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Meng olyfolie, suurlemoensap, borrie en paprika.

 

 

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Sit aartappels in oondbak en gooi oliemengsel oor. Plaas bak in oond en oondbraai 1½ uur. Draai aartappels so halfpad deur braaiproses om. Dreineer op kombuispapier en geur met growwe sout

 

 

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog idees vir geroosterde aartappels:

  • Vir ’n ryker weergawe van geroosterde aartappels kan jy eendvet gebruik.Kook aartappels soos in stap vir stap, maar moenie olyfoliemengsel oorgooi nie. Verhit die eendvet in ’n oondpan en plaas aartappels daarin. Oondbraai tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.
  • Gebruik eendvet net vir spesiale geleenthede – dis ’n versadigde vet en kan tot hartvatsiektes lei.
  • Pleks van eendvet kan jy kanola-olie gebruik. Kook aartappels soos in stap vir stap. Gooi 250ml kanola-olie in ’n oondpan. Verhit olie tot warm in oond. Sit aartappels in olie en oondbraai tot goudbruin en bros – sowat 1½ uur. Draai aartappels omhalfpad deur oondbraaiproses.