sarie010
Kosstories

Gevulde sampioenburger

genoeg vir 4

Verhit oond tot 180 °C. Krummel 3 wiele fetakaas in ’n mengbak. Kap ’n hand vol basiliekruidblare grof en voeg by fetakaas. Voeg 1 fyngekapte knoffelhuisie by en geur met varsgemaalde swartpeper. Voeg 1 geklitste eier by en meng goed deur.

Pak 4 groot bruin sampioene in ’n oondbak en vul elke sampioen met fetavulsel. Skep 5 ml botter op elke sampioen en oondbraai 20 – 25 minute in warm oond.

Halveer 4 broodrolletjies en plaas vars bronkors (watercress) op die onderste helfte van elke rolletjie. Plaas ’n gaar sampioen bo-op. Pak 4 gemarineerde songedroogde tamaties op elke sampioen. Bedek met boonste helfte van rolletjie.