Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Pasta

Gnocchi met rissie-pesto

(4 porsies)
Verhit 60 ml botter en 60 ml olyfolie in pan. Sny 250 g wit sampioene in dun skywe. Braai sampioene saam met 2 fyngekapte knoffelhuisies vir sowat 10 minute en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook 2 pakke (500 g elk) gnocchi volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng 250 g ricottakaas en 125 g rooi-soetrissiepesto en ’n hand vol vars basiliekruidblare met gnocchi en gebraaide sampioene. Sit voor saam met 100 g fyngerasperde parmesaankaas en vars basiliekruid.