Foto deur Micky Hoyle

Ontbyt

Grenadella-en-Kasjoe-Granola

(4 porsies)

Sit 15 ml heuning in elk van vier ontbytbakkies. Kap 100 g kasjoe-broslekker in growwe stukke en meng met 500 g granola. Skep kasjoegranola op die heuning. Meng 500 g Griekse jogurt met 230 g grenadella-pulp. Skep die grenadella-jogurt op die granola en sit voor.

  • Malinda v

    More Die GRENADELLA EN KASJOE GRANOLA lyk baie lekker, maar help asb! Ek het nie ‘n idee hoe die Kasjoe broslekkers en Granola lyk nie
    dankie
    Malinda