q0i0216
6 uur tuis, eet half 7

Groente-brijani

(4 – 6 porsies)

• 30 ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies
• 45 ml kerriepoeier
• 5 ml komynsaad
• 2 kardemom-peule, oopgebreek en saad verwyder
• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 125 ml wate
• 30 ml olyfolie
• 1 eiervrug, in blokkies gesny
• 4 murgpampoentjies, in ringe gesny
• 6 vla-pampoentjies
• 1 x 250 g wit sampioene
• 1 blik lensies, gedreineer
• 250 ml rys, gekook tot gaar
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol vars koljander, gekap
• Bulgaarse jogurt vir voorsit

Verhit botter in ‘n middelslagpan tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier, komyn en kardemomsade by. Braai vir nog 5 minute. Voeg tamaties en water by. Verlaag hitte en prut vir 5 – 8 minute. Verhit olyfolie in ‘n braaipan tot warm. Voeg groente by en roerbraai vir 8 -10 minute. Meng lensies en rys met die groente. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in oondvaste bak. Roer koljander by tamatiesous en gooi oor rys. Bak vir 10 – 15 minute of tot warm. Sit voor met jogurt.