Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Groente-rolletjies

Resep deur Annerien Vermeulen

(sowat 8 Porsies)

  • 4 volgraan-tortillas
  • 250 g laevet-roomkaas met sprietuie en suurroom
  • 2 selderystokke, gekap
  • 1 rooi soetrissie, gekap
  • 3 wortels, gerasper
  • sout en peper na smaak
  • kleefwerende kossproei

Verhit die oond tot 200 °C. Plaas die tortillas op ’n werkoppervlak. Verdeel die roomkaas tussen die tortillas en smeer dit oor die hele oppervlak. Sprinkel die res van die bestanddele (behalwe die kossproei) bo-op en rol op. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is (die tortillas se vou-kant moet na onder wys). Spuit kossproei op tortillas en bak ongeveer 8 – 10 minute tot rolletjies bros en warm is. Sny in skywe en sit voor.

Groenterolletjies–analise per porsie van 100g
Energie 850 kJ
Koolhidrate 18 g
Proteïen 5 g
Vet 12 g
Versadigde vet 7 g
Mono-onversadigde vet 4 g
Poli-onversadigde vet 1 g
Vesel 1,3 g
Glukemiese lading 9,5

Kommentaar van Dieetkundige
’n Goeie manier om die inname van groente en vesel te verhoog. Die vetinhoud kan verlaag word as gegeurde maaskaas gebruik word in plaas van die roomkaas.