sarie_069
Resepte

Groente-terrien

  • 100 g aspersies
  • 90 g dun groenbone, heel
  • 400 g baba-spinasieblare
  • 5 gelatienvelle of 10 g droë gelatien
  • 100 ml kookwater
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g roomkaas
  • 150 g baba- rosatamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voer ‘n terrien-bakkie van sowat 15 x 8 cm groot en 10 cm diep met kleefplastiek uit. Dompel aspersies en groenbone apart in kookwater vir sowat 5 minute. Dreineer en hou eenkant. Bring ‘n kastrol met water tot kookpunt. Gooi spinasie in en kook tot net sag. Dreineer en druk al die water uit. Kap fyn in voedselverwerker. Week gelatien in 100 ml kookwater. Smelt opgeloste gelatien in mikrogolfoond. Meng knoffel met roomkaas en voeg spinasie by. Voeg gelatien by en meng goed. Skep van die mengsel onderin bakkie. Pak ‘n laag aspersies en dan ‘n laag spinasie. Pak tamaties styf teenmekaar, dan spinasie. Pak groenbone teenmekaar. Eindig met ‘n laag spinasie. Maak toe met kleefplastiek en laat stol in yskas. Keer uit en sny in skywe.