sk0812mexican10
Resepte

Guacamole met gebraaide tortillas

(6 porsies)

  • 4 ryp avokado’s
  • 2 tamaties
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van halwe suurlemoen
  • 3 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Tabasco-sous na smaak (opsioneel)

Skil die avokado’s en verwyder die pitte. Druk fyn met ’n vurk. (Ek hou van myne nie té fyngedruk nie.) Sny die tamaties in kwarte en verwyder die pitte. Sny dan in klein blokkies. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper.

Gebraaide tortillas
Sny die tortillas in kwarte. Gooi sonneblomolie in ’n diep pan – so 3 cm diep. Verhit die olie. Braai die tortillas sowat 1 minuut aan ’n kant. Die tortillas sal effens oppof en bros word. Dreineer op kombuispapier.