Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS DES 2012/ JAN 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/ JAN 2013

Resepte

Italiaanse margherita jaffel

Ek het die idee hiervoor van ʼn margherits-pizza gekry. Die jaffel is basis en jy kan enigiets byvoeg.
(Genoeg vir 4)
Braaityd: 5 – 10 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 250 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 ciabatta-rolletjies
  • 45 g (50 ml) sagte botter
  • 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg tamaties en knoffel by en braai tot tamaties sag is. Geur met sout en peper. Halveer die ciabatta-rolletjies. Smeer die buitekante van die rolletjies met botter. Plaas een helfte van ’n rolletjie met die gesmeerde kant na onder op ’n jaffelpan. Plaas kaas bo-op en skep van die tamaties bo-op kaas. Plaas basiliekruidblare bo-op en sprinkel nog kaas daarop. Plaas boonste helfte van rolletjie met gesmeerde kant na buite bo-op. Maak jaffelpan toe en sit op hitte. Braai sowat 3 – 5 minute aan een kant en draai om. Braai nog sowat 3 – 5 minute tot rolletjie bros is. Haal uit pan en herhaal met res van bestanddele.

Ekstra opsies

  • Braai gesnyde sampioene in botter. Geur met sout en peper en voeg by vulsel.
  • Sny ham in blokkies en voeg by kaas, tamaties en basiliekruid.
  • Voeg ansjovisfilette en kappertjiesade by vulsel.