Resepte

Kaasfondue

(4-6 porsies)

  • 10 ml fyngekapte knoffel
  • 200 ml droë witwyn
  • 200 ml groenteaftreksel
  • 450 g gerasperde gruyère-kaas
  • 15 ml mielieblom
  • 30 ml ekstra wyn of brandewyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper en neut

Plaas die knoffel, witwyn en groenteaftreksel in ‘n kastrol. Verhit tot net onder kookpunt. Voeg die gerasperde kaas bietjie vir bietjie by. Maak seker elke bietjie kaas is gesmelt voor jy nog byvoeg. Roer deurgaans totdat ‘n gladde sous vorm. Verhit die kaassous tot kookpunt. Meng die mielieblom en ekstra wyn/brandewyn en voeg by die kaassous. Verlaag die hitte en hou aan roer tot dit verdik. Indien die sous te dun is, kan jy nog ‘n bietjie mielieblom byvoeg. Voeg sout, swartpeper en neut by. Gooi in ‘n fonduepot en sit voor saam met bokkombrood en tempura.