Foto deur Donna Lewis
SARIE JUNIE 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE JUNIE 2014

Resepte

Kaaskrokette met mayonnaise

Maak baie van die balletjies en hou dit in jou vrieskas. Wanneer jy vinnig iets moet optower, diepbraai die balletjies. Dis nie nodig om dit eers te ontdooi nie.
genoeg vir 8

  • 40 g (45 ml) botter
  • 30 ml koekmeel, plus ekstra vir rol
  • 2 aartappels, geskil en gekook tot gaar
  • 200 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 150 g broodkrummels olie vir vlakbraai
  • 250 ml mayonnaise, plus ekstra vir voorsit
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen, plus ekstra suurlemoen vir voorsit
  • baba-wortels vir voorsit

 

Verhit botter in middelslagpot tot warm. Gooi koekmeel by en roer met draadklitser tot goed gemeng. Hou aan roer vir 3 minute. Verwyder van hitte en voeg gaar aartappels by. Druk fyn met aartappeldrukker en meng goed. Voeg kaas by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Maak aartappelballetjies so groot soos okkerneute. Rol in ekstra meel, doop in eier en rol in broodkrummels. Verhit olie tot warm en vlakbraai balletjies vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer. Meng mayonnaise, knoffel, sap en skil van suurlemoen en geur goed. Sit krokette voor met baba-wortels, ekstra mayonnaise en suurlemoenkwarte.