sr1304_hoofkos_3_
Nagereg

Karamel-en-okkerneut-springmielies

genoeg vir 16 balle

• 45 ml sonneblomolie
• 250 g-sakkie springmielies
• 100 g pekanneute, fyngekap
• 400 g (500 ml) witsuiker
• 125 ml water
• 5 ml vanieljegeursel
• 125 ml gouestroop
• 5 ml sout
• 5 ml koeksoda
• 230 g (250 ml) botter

Verhit olie in groot pot met die deksel op tot warm oor hoë hitte. Gooi springmielies in pot en sit deksel op. Laat spring die mielies sowat 5 minute lank. Haal uit pot en plaas in ’n eweredige laag op ’n groot bakplaat. Meng neute deur. Bring suiker, water, vanielje, stroop, sout en koeksoda in ’n skoon pot tot kookpunt. Laat prut oor matige hitte vir 5 – 8 minute of tot donker karamel vorm. Verwyder van hitte en roer botter deur. Gooi warm karamel oor mielies en roer vinnig deur tot al die mielies met karamel bedek is. Laat effens afkoel. Breek gholfbalgroot stukke af en rol in ronde balle. Sit voor saam met koffie.