FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Karamel-uie-en-olyfpasta

6 porsies

25 minute

• 45 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 3 groot uie, in ringe gesny
• 60 ml bruinsuiker
• 100 ml balsemasyn
• 500 g spaghetti
• 100 g ontpitte swart olywe
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit olyfolie en botter tot warm in ‘n middelslag-pot. Voeg uie by en braai stadig tot begin verkleur, sowat 5 minute. Voeg bruinsuiker en asyn by. Verlaag hitte en laat stadig prut tot uie sag en konfytagtig voorkom. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer pasta en voeg by uie-mengsel. Voeg olywe by en meng goed deur. Geur met sout en swartpeper. Sit warm voor
met parmesaan.