sk10036hr_tuis14
Resepte

Kekerertjies met eiervrug

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 6 baba-eiervrugte, in skywe gesny
  • 400 g klein rosatamaties
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 2 blikke (410 g elk) kekerertjies (chickpeas), gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Verhit olyfolie in ‘n diep pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg eiervrug en tamaties by en braai vir sowat 10 minute. Voeg blik tamaties en kekerertjies by. Geur met
sout en swartpeper. Sit deksel op en laat prut vir 10 minute. Roer vars basiliekruid deur.

  • http://ugvvkaoydgtz.com/ drnnfqnk

    HVRXbJ wtrzupzqaunq, [url=http://rgurfhumcpae.com/]rgurfhumcpae[/url], [link=http://yrvhcxhziczy.com/]yrvhcxhziczy[/link], http://zkdolblvfiax.com/