Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Diabeties

Kekerertjies met spinasie en oondgedroogde tamaties

(4 – 6 PORSIES)

  • 500 g baba-tamaties
  • 20 ml suiker
  • sout en peper
  • 125 ml sultanas
  • 125 ml dennepitte
  • 20 ml avokado-olie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 rooi brandrissies, fyngekap
  • 5 ml droë origanum
  • 2 x 410 g-blikkies kekerertjies (chickpeas)
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 125 ml lae-kJ-witwyn
  • 125 ml groente-aftreksel
  • 300 g babaspinasie
  • 30 g pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 125 °C. Halveer tamaties en sit op bakplaat. Besprinkel met suiker, sout en peper en plaas in oond vir 1½ uur tot tamaties begin uitdroog. Week sultanas in water tot hulle uitgeswel is en rooster die dennepitte. Verhit die avokado-olie in ’n braaipan en braai knoffel, rissies en origanum vir 2 minute. Voeg die kekerertjies by en roerbraai goed. Voeg die tamaties, suurlemoenskil en -sap, witwyn en aftreksel by en prut vir 10 –15 minute. Voeg spinasie by. Voeg pietersielie, gedreineerde sultanas en dennepitte by en roer tot goed gemeng. Geur met sout en peper.

KOMMENTAAR
Hierdie gereg kan as vegetariese hoofgereg of as bygereg saam met rooivleis, vis of hoender voorgesit
word. Dis ’n uitstekende plan om veselinname op ’n lekker manier te verhoog.