Foto's Donna Lewis

Resepte

Kreefslaai op die kole

Maak die slaai as ’n alles-in-een-ete
op die braai.
genoeg vir 6

  • 6 (800 g) mielies, elkeen in 3 gesny
  • 700 g-pakkie baba-aartapppels
  • 55 g (60 ml) sagte botter
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 12 kreefsterte
  • 70 g baba-slaaiblare

Slaaisous

  • 45 ml korrelmosterd
  • 30 ml heuning
  • 45 ml witwyn-asyn
  • 60 ml olyfolie

Kook mielies en aartappels saam in pot met kookwater. Haal halfgaar
mielies ná 5 minute uit, maar laat aartappels gaar kook (sowat 8 – 12
minute). Dreineer en hou eenkant. Plaas botter, pietersielie, sap en skil
van suurlemoene in mengbak en meng goed met houtlepel tot sagte botter.
Geur goed met sout en peper. Kry kole medium-warm. Sny kreefsterte
oorlangs in die helfte. Smeer goed met kruiebotter op gesnyde kant. Plaas
halfgaar mielies eerste op rooster en braai sowat 3 – 5 minute per kant
of tot goudbruin. Hou eenkant. Plaas kreefsterte met gesnyde kant
na onder op warm rooster. Braai vir 8 – 10 minute of tot kreef gaar is.
Hou eenkant. Plaas baba-slaaiblare in slaaibak en pak mielies, kreef
en aartappels bo-op. Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam
en gooi oor slaai. Sit voor.