FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Ontbyt

Kruie-omelet

’n Baie maklike manier van omelet maak. Die omelet pof op wanneer jy dit onder die rooster-element van die oond plaas.

genoeg vir 1

• 1 takkie vars pietersielie
• 3 vars basiliekruidblare
• 3 grasuie
• 3 eiers
• 15 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 15 ml botter
• 40 g gruyère-kaas, fyngerasper

Stap 1. Verhit oond se rooster-element. Kap pietersielie, basiliekruidblare en grasuie fyn.

Stap 1

Stap 1

 

Stap 2. Klits eiers en room saam in ’n mengbak en geur met sout en peper. Voeg gekapte kruie by en meng goed deur. Smelt botter oor lae hitte in ’n kleefvrye pan van 20 cm. Gooi geklitste eiers in pan en laat staan ’n paar sekondes tot dit begin gaar word om die buite-rand van die pan. Skraap nou van die gaar eier met ’n spatel (spatula) van die rand af na die pan se middel. Doen dit verskeie kere tot byna gestol, maar moenie roer-eier maak nie! Die omelet moet nog rouerig wees wanneer jy die pan vir ’n paar minute onder die rooster-element plaas.

Stap 2

Stap 2

 

Stap 3. Haal uit wanneer omelet gaar is en strooi gerasperde kaas oor.

Stap 3

Stap 3

 

Stap 4. Vou omelet toe en sit dadelik voor.

Stap 4

Stap 4

 

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag