sk0909budget05
Pasta

Linguine met gebakte eier

4 porsies

  • 400 g linguine-pasta
  • 30 ml botter
  • 4 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 40 ml botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 ml room
  • 80 g gerasperde pecorino-kaas
  • 30 ml gekapte pietersielie

Kook pasta volgens aanwysings op pak. Terwyl dit kook, smelt die 30 ml botter en bak die eiers. Die eiergeel moet nog sag wees. Geur met sout en swartpeper. Dreineer die pasta. Smelt die 40 ml botter in ’n kastrol en voeg knoffel by. Braai vir sowat 1 minuut. Voeg pasta en room by. Geur met sout en swartpeper. Voeg helfte van kaas en die pietersielie by. Meng goed deur. Sit voor met gebakte eier bo-op, asook res van kaas