sk1006.goedvoel5
Resepte

Melksnysels

Melksnysels wasmy gunsteling-aandete wat my ouma altyd vir ons gemaak het. Veral baie lekker as dit reën – Barbara

(6 porsies)

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • 3 ml sout
  • 2 liter melk
  • 15 ml botter

Meng meel, eiers en sout in ‘n mengbak tot die mengsel ‘n stywe deeg vorm. Dit sal in die begin lyk of dit nie ‘n deeg wil vorm nie, maar keer dit op jou werkoppervlak uit en begin knie. Knie vir minstens 10 – 15 minute. Rol deeg baie dun uit en laat oop staan vir 10 minute. Sny deeg in dun repe van so 5 mm. Dit lyk soos tagliatelle-pasta. Verhit melk tot net by kookpunt. Gooi die
snysels in die warm melk en verlaag hitte dat die melk net prut. Laat prut vir sowat 10 – 15 minute. Die snysels moet sag word. Wanneer sag, voeg die botter by. Skep in groot sopborde en sprinkel lekker baie kaneelsuiker oor.

Kaneelsuiker

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 15 ml fyn kaneel

Meng goed.

  • http://lnukvhtrgahj.com/ fswtcrdsmdb

    2i3XdN mdukuysruykd, [url=http://wkdbxyqkqohn.com/]wkdbxyqkqohn[/url], [link=http://pzuklpdinpby.com/]pzuklpdinpby[/link], http://tthbbeipojxw.com/