Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Meze-bord met gebraaide eiervrug

(4 porsies)
Sny 4 eiervrugte in sowat 1 cm-skywe. Plaas in vergiettes en sprinkel met sout. Laat staan vir 30 minute en spoel goed af. Klits 2 eiers goed en geur met bietjie sout en varsgemaalde swartpeper. Gooi 500 ml bruismeel in plat bak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit sowat 60 ml olyfolie in pan oor lae hitte. Doop eiervrugskywe eers in bietjie meel. Skud oortollige meel af en doop dan in geklitste eier. Doop weer liggies in meel en braai dan in olie. Dreineer op kombuispapier en hou warm. Herhaal proses met al die eiervrugskywe. Gooi nog olyfolie in pan, indien nodig, en onthou om oor lae hitte te braai. Sit voor saam met hoemoes, swart olywe, tzatziki, songedroogde tamaties en gebraaide rooi brandrissies.