Resepte

Mozzarella-en-fetakaas-quesadillas

(25 minute – 4 porsies)

  • 16 tortillas
  • 400 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 400 g fetakaas, gekrummel
  • 6 sprietuie, gekap
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Jy maak eintlik tortilla-toebroodjies. Sprinkel gerasperde mozzarella-kaas bo-op een tortilla. Sprinkel die fetakaas en sprietuie bo-oor. Bedek met ’n tweede tortilla en druk vas. Herhaal met die res. Maak twee tortillas per persoon. Verhit ’n nie-kleefpan. Braai elke tortilla vir sowat twee minute aan elke kant (die kaas sal smelt en hulle bymekaar hou). Sny in kwarte en bedien saam met hoemoes (hummus), tzatziki en salsa (jy kan dit alles by jou supermark koop).