Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Ontbyt

Omelet

Die geheim van ’n goeie omelet is die pan waarin jy dit maak – dit moet kleefvry wees en verkieslik 20 cm in deursnee. Die vouproses is die moeilikste deel van die resep.

  • 3 eiers
  • 15 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 g (15 ml) botter
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas

Stap 1. Klits eiers en melk saam in mengbak. Geur met sout en peper. Smelt botter in ’n 20 cm- kleefvrye pan oor matige hitte. Gooi geklitste eier in pan. Wag tot eier aan die buiterand van die pan begin stol. Skraap nou van die eier met ’n spatel (spatula) van die rand af na die middel toe. Moenie heeltemal roer soos vir roereier nie.

 

Stap 1.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas deksel op. Laat staan sowat 1 minuut.

 

Stap 2.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Plaas die kaas of enige vulsel van jou keuse op die  een helfte van die omelet. Laat staan sowat 30 sekondes.

 

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Plaas die skraper onder die oop kant van die omelet. Vou versigtig oor vulsel. Laat staan ’n paar sekondes. Laat die omelet uit die pan op ’n bord gly. Dis makliker as om dit te probeer oplig met ’n spaan.

 

Stap 4.