Resepte

Oop broodjie met fyngedrukte bone en gebraaide murgpampoentjies

6 porsies

  • 1 blik (400 g) botterbone, gedreineer
  • 30 ml suurlemoensap
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 murgpampoentjies, in die lengte gesny
  • 20 ml olyfolie
  • 6 snye volkoringbrood, gerooster

Gooi bone, knoffel, suurlemoensap en 30 ml olyfolie in voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta en geur met sout en swartpeper. Smeer murgpampoentjie-skywe met 20 ml olyfolie. Verhit ’n riffelpan en braai murgpampoentjies weerskante tot effens sag. Smeer elke sny brood met botterboonpasta. Plaas murgpampoentjies bo-op en geur met sout en swartpeper. Besprinkel met ekstra olyfolie.