Cabana Boekuittreksel

Cabana Boekuittreksel

Ontbyt

Patat-mengelmoes met feta en geposjeerde eier

genoeg vir 4

• 4 patats
• 1 eetlepel (15 ml) sonneblomolie
• botter vir braai
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 4 eiers
• 2 teelepels (10 ml) asyn
• 100 g fetakaas
• klein hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
• 1 lang rooi brandrissie, sade verwyder en fyngekap

Skil die patats en sny 2 in klein blokkies. Plaas blokkies in ’n pan wat halfvol gesoute water is. Bring tot kookpunt en kook 10 minute tot sag. Kap intussen die orige patats in blokkies van 1 cm. Verhit olie en ’n klont botter in ’n groot swaarboompan oor matige hitte. Voeg die patatblokkies by en braai 8 – 10 minute tot dit sag en goudbruin is. Roer nou en dan. Dreineer die gekookte patats goed en maak fyn met aartappeldrukker. Voeg die fyn patat by
die gebraaide patatblokkies in die pan en roer deur. Geur goed met sout en peper en roerbraai tot dit warm is. Verwyder van hitte en hou warm terwyl jy die eiers gaarmaak. Bring groot kastrol met water tot kookpunt. Voeg asyn by en verminder hitte tot dit prut. Roer die water sodat dit in die rondte beweeg. Breek ’n eier oop en gooi in die middel van die
water. Posjeer 3 – 4 minute, totdat eierwit gestol is en geel nog loperig is. Verwyder eier met gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Hou warm in louwarm water terwyl jy die ander
eiers posjeer. Verdeel die patats en skep op opgewarmde borde en plaas geposjeerde eier bo-op. Geur eiers met sout en peper en krummel die feta, pietersielie en brandrissie bo-oor. Sit dadelik voor.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag