Donna Lewis

Resepte

Patatpoffers met karamelsous

Genoeg vir 6

• 750 ml (sowat 6) gaar patats, fyngedruk
• 2 eiers
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 30 ml bakpoeier
• 10 ml karamelgeursel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• olie vir diepbraai

Sous
• 60 g (65 ml) botter (sien bl. 111)
• 200 g (250 ml) ligte bruinsuiker
• 125 ml melk
• 200 g (250 ml) kaneelsuiker

Verhit oond tot 180 °C. Meng fyn patats, eiers, meel, bakpoeier en geursel tot glad. Geur goed met sout en peper. Verhit olie tot warm in groot pot. Skep eetlepels vol van die mengsel in die warm olie en braai tot goudbruin en bros – sowat 5 minute. Dreineer op bakpapier en plaas op bakplaat in warm oond. Bak 15 minute of tot gaar. Maak sous terwyl poffers bak:
Smelt botter en suiker saam in middelslagpot oor matige hitte. Verhoog hitte en
kook tot ligte karamelsous vorm. Gooi melk by en meng deur. Rol warm poffers in kaneelsuiker en gooi karamelstroop oor. Sit voor.