Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Patattjips met koljander-mayonnaise

Genoeg vir 6

• 8 borriepatats, geskil en met water bedek
• 750 ml sonneblomolie vir diepbraai
• sout en varsgemaalde swartpeper

Koljander-mayonnaise
• 250 ml mayonnaise van goeie gehalte
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
• hand vol vars koljander, fyngekap

Sny patats in skywe van 5 mm breed met ’n skerp mes. Sny elke plat skyf nou weer in lang skyfies van 5 mm breed, of so breed soos jy wil. Hou in water sodat dit nie bruin raak nie. Verhit olie tot warm. Dreineer skyfies en gooi twee hande vol in olie. Braai 5 minute of tot patats gaar, maar steeds ferm is. Dreineer op kombuispapier en sprei eweredig uit. Dit gaan nog nie bruin en bros wees nie, net gaar soos gekookte aartappels. Herhaal met al die tjips. Stel hitte hoër sodat olie se temperatuur baie warm is. Gooi afgekoelde skyfies weer twee hande vol op ’n slag in die olie en braai sowat 5 – 8 minute of tot skyfies goudbruin en bros raak. Dreineer op skoon papier en hou in louoond warm terwyl die res braai. Geur goed met sout en peper. mayonnaise Meng al die bestanddele en sit voor saam met skyfies.