Resepte

Ricotta-Plaatkoekies met Esdoringbotter (Maple)

(4 porsies)

Skei 6 eiers, meng eiergele met 30 ml room en geur met sout en peper. Krummel 250 g ricotta en voeg by eiergeel. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by ricottamengsel in. Bak lepels vol in bietjie botter tot bros aan albei kante. Meng 30 ml botter met 60 ml esdoringstroop en sit voor met ricotta-koekies. Versier met blomme.