Pasta

Roket-tamatie-en-swart olywe-sous

(4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 400 g klein rosatamaties, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g vars aspersies, elk in 3 gesny
  • 100 g ontpitte swart olywe
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 20 g roketblare
  • 500 g farfalle-pasta (strikkie-pasta, soos ek dit noem)

Verhit olyfolie in ‘n diep pan. Voeg tamaties en knoffel by. Braai vir sowat 10 minute totdat hulle begin oopbars. Voeg aspersies en olywe by. Geur met sout en swartpeper. Braai vir nog so 5 minute totdat aspersies net sag is. Kook pasta intussen volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer sous en roket deur pasta en sit dadelik voor met gerasperde pecorino- of parmesaan-kaas.