sk08_3aartapels05
Resepte

Rösti met Roquefort-kaas en peer

(4 porsies)

  • 50 g suiker70 g botter
  • 4 roosmaryntakkies
  • 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 ryp pere, geskil, gehalveer en met die stronk verwyder
  • 1 kg aartappels, geskil en gerasper met ’n mandolien (komkommermes) of gewone rasper
  • 100 ml olie, om te braai
  • 250 g Roquefort-kaas, grofgekrummel

Verhit 20 g van die suiker in ’n pan tot goudbruin. Voeg 30 g van die botter by en karamelliseer die roosmaryn hierin vir 2 minute. Smelt die res van die suiker en voeg die res van die botter, die suurlemoensap en swartpeper daarby. Glaseer die peerhelftes hierin vir 6 – 8 minute. Geur die gerasperde aartappels met sout en vorm met jou hande 8 rösti’s (platterige koekies). Braai weerskante vir so 2 minute in die olie tot goudbruin. Maak “toebroodjies” van twee rösti’s met die gekrummelde kaas tussenin. Garneer met die pere en roosmaryn.