6 uur tuis, eet half 7

Sampioen-en-bloukaas-risotto

(4 porsies)

  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 g arborio-rys
  • 200 ml droë witwyn
  • 1,5 liter warm groenteaftreksel
  • 500 g wit sampioene, heel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 100 g bloukaas, in skywe gesny

Verhit botter en olie saam in ‘n diep pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 2 minute. Gooi wyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg aftreksel bietjie vir bietjie by en hou aan roer. Voeg eers weer aftreksel by as vorige skeppie byna geabsorbeer is. Die risotto neem so 25 minute om gaar te word. Voeg sampioene vir laaste 10 minute by. Geur met sout en swartpeper. Roer pecorino-kaas en basiliekruid deur gaar risotto. Rangskik bloukaas-skywe bo-op en sit dadelik voor.

  • Daleen Ludick

    Te heerlik vir woorde! Risotto is my "downfall" in die lewe!!

  • RXEz36 yiwyhvnhxvaa, [url=http://jbckaknrsncw.com/]jbckaknrsncw[/url], [link=http://nnwtbjaoeixd.com/]nnwtbjaoeixd[/link], http://codggvsuqxej.com/

  • J95z9J zjjxmqyuldzp, [url=http://dwwwslisrwtt.com/]dwwwslisrwtt[/url], [link=http://qcttryxrhqai.com/]qcttryxrhqai[/link], http://fndusxnfpddh.com/