sk0709budget01_1_
Resepte

Sampioen-en-bone-risotto

4 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 300 ml witrys
  • 800 ml groente-aftreksel
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • 1 blik rooibone, gedreineer
  • 250 g wit sampioene, in kwarte gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit olie en botter in ’n diep pan of groot kastrol. Braai ui en knoffel vir sowat 2 minute. Roer witrys by en braai totdat die rys effens deurskynend lyk. Voeg groente-aftreksel bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhoudend roer, totdat al die aftreksel gebruik is. Laat die rys verder kook tot gaar. Voeg pietersielie, rooibone en sampioene by. Geur met sout en swartpeper. Laat verder prut vir sowat 5 minute. Sit dadelik voor met gerasperde pecorino-kaas.