Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Sampioen-en-botterskorsie-risotto

(4 – 6 porsies)

30 minute

  • 500 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
  • 250 g wit sampioene
  • 30 g botter, gesmelt
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g arborio-rys
  • 250 ml witwyn
  • 700 ml groenteaftreksel
  • 250 ml room
  • 50 g parmesaan-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie en sampioene op bakplaat en gooi botter oor. Rooster vir 15 – 20 minute of tot sag en gaar. Begin intussen met risotto: Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi wyn oor rys en laat stadig kook tot alles geabsorbeer is. Skep lepel vir lepel groenteaftreksel by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die aftreksel bygevoeg is en die rys ‘n klewerige voorkoms het, voeg room by en roer goed. Prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel ‘n romerige tekstuur het. Verwyder van hitte en vou parmesaankaas, gaar sampioene en botterskorsie in. Geur goed met sout en swartpeper.