sk10036hr_tuis01
6 uur tuis, eet half 7

Sampioene met mozzarella-kaas

(4 porsies)

  • sowat 15 ml botter
  • 500 g bruin sampioene
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 ml olyfolie
  • hand vol vars basiliekruidblare

Verhit oond tot 180 °C. Smeer ‘n oondbak met botter. Plaas ‘n sampioen, dan ‘n sny tamatie, en dan ‘n sny kaas om die beurt in die bak. Herhaal totdat alles in die bak is. Geur met sout en
swartpeper. Sprinkel olyfolie oor en bak vir sowat 25 minute totdat sampioene sag en kaas gesmelt is. Sprinkel basiliekruidblare oor en sit voor met brood van jou keuse.