sk1003eiers03
SARIE KOS-uitgawes

Spaanse frittata – die oorspronklike een

(4 – 6 porsies)

  • 8 baba- Mediterreense aartappels
  • 45 ml botter
  • 1 rooi-ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 3 vars tiemietakkies se afgestroopte blaartjies
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml kappertjiesaad

Verhit roosterelement van oond. Sorg dat oondrak in middel van oond is. Kook aartappels tot net sag. Laat afkoel en verwyder skil. Sny in dik skywe. Smelt botter in ‘n kleefvrye pan van
sowat 24 x 4,5 cm waarvan handvatsel in oond kan gaan. Braai ui en soetrissie vir sowat 5 minute tot net sag. Voeg tiemieblaartjies en aartappelskywe by. Klits eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Verlaag plaat se temperatuur. Gooi eiermengsel in pan saam met groente en roer baie liggies. Plaas pan in oond wanneer eier begin stol. Los dit sowat 5 minute daar totdat eier heeltemal gestol en opgepof is. Haal uit en laat vir so 5 minute staan voordat jy dit op ‘n bord uitgly. Sprinkel kappertjiesaad oor.