sk076hrtuis01
Resepte

Spaghetti met gebarste tamaties

20 minute – 6 porsies

• 1 pak spaghetti
• 200 ml olyfolie
• 6 heel knoffelhuisies
• 800 g rosa-tamaties
• hand vol vars basiliekruidblare gebreek
• 200 g pecorinokaas, gerasper
• sout en vars gemaalde swartpeper

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Verhit intussen die olyfolie in ‘n kastrol (dit klink baie, maar dit vorm die sous). Voeg die knoffel by en braai vir so 3 minute. Dit sal die olie lekker geur. Sit nou die tamaties by en kook vir sowat 10 minute – die tamaties sal begin oopbars en met die olie meng. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Wanneer die pasta klaar gekook het, dreineer dit in ‘n vergiettes. Voeg die basiliekruidblare en kaas by die tamaties en meng met die pasta.